Blogs

Breedte en lengte en hoogte en diepte - oor die katolisiteit van die kerk

Opvallende woorde wat ek onlangs raakgelees het:

Nou is die tyd...

Ons hou van ʼn sukses-storie. Die man of vrou wat dit “gemaak” het in die lewe. Van niemand tot iemand in 7 dae.

Die Christelike “storie” (lewensverhaal) lyk anders. Dit word gekenmerk deur stryd en volharding. Daar is geen vinnige-vyf-stappe-plan of “kits-mengsel” vir hierdie weg nie.

Heilige perde en potte...

Dit bly darem maar ‘n fasinerende laaste paar verse…
Ek praat van die laaste verse van die boek Sagaria (Sag. 14:20-21).

'Inerrancy'

Wat is die inerrancy-beweging?
In reaksie teen die opkomende Skrifkritiek en geleidelike ondermyning van die Skrifgesag teen die einde van die 19de en die begin van die 20ste eeu, ontstaan die siening van die foutloosheid (inerrancy) van die Skrif (veral in VSA). Dit lei uiteindelik tot die Chicago statement of Biblical inerrancy (1978). Hierdie verklaring kom hierop neer dat die Bybel sonder enige foute is.
Maar ook die opstellers van hierdie verklaring kan nie ontken dat die Skrif bepaalde vrae laat nie. Ek noem enkele voorbeelde:

Saul, broeder, ....

’n Mens kan nie genoeg verwonderd staan oor die nuwe mensheid wat in Christus sigbaar word, nie. Mense wat mekaar voorheen nie geken het nie, omhels mekaar nou (Rom 16:16). Hulle wat voorheen mekaar nie kon verdra nie, dra nou mekaar se laste.  Hulle wat mekaar gehaat het, bid nou vir mekaar. En hulle wat bang was vir die onbekende, vind rus in die wete dat Christus Self vir Hom ’n volk vergader. ’n Nuwe mensheid wat saam alles van Christus as die Weg, die Waarheid en die Lewe verwag.

O wonder van alle wonders...

Hy het arm geword, sodat ons ryk kan word.

Hy is gebore uit ’n maagd, sodat ons uit God gebore kan word.

Hy het ons liggaam aangeneem, sodat Hy Sy Gees aan ons kan gee.

Hy het in die krip gelê, sodat ons in die paradys mag lê.

Hy het van die hemel neergekom, sodat Hy ons na die hemel kan neem.

Dat die Oue van dae gebore moes word,

Dat Hy wat van die hemel donder, in die krip moes huil,

Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling

Soos u miskien weet, is die Bybelgenootskap besig met ’n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling. Hulle doel is om ’n bronteks-georiënteerde vertaling uit te bring wat spesifiek gerig is op kerklike en persoonlike gebruik.

As dit oor Bybelvertaling gaan moet ek altyd dink aan wat die Here Jesus in Matteus 5:18 sê: Elke jota en tittel (die kleinste dele van destyds se skrif) van die wet sal vervul word. Dit hou dan tog ook sekerlik in dat ons baie noukeurig te werk moet gaan as ons hierdie Skrif vertaal?

Libië en die Weste

Dus, die regering van Moammar Gaddafi is iets van die verlede... Nadat hierdie diktator sy opponente tydens die aanvang van die rewolusie as rotte beskryf het, moes hy teen die einde self soos ‘n rot in ‘n afvoerpyp wegkruip. Daar is hy uiteindelik deur die rebelle gevind. Maar almal wat die nuus volg, besef waarskynlik dat daar êrens ‘n stukkie misterie in hierdie verhaal is. Wat het naamlik gebeur tussen die oomblik dat hierdie man in die afvoerpyp gevind is, en die oomblik dat die nuus van sy dood die wêreld ingegaan het? Hy was lewendig toe hy gevind is; beseer, maar lewendig.

Is die Satan nie 'n persoon nie?

Die sinode van die NG-kerk het gister uitgespreek dat hulle dit in mense se vryheid laat of hulle in die Satan as persoon glo of nie. 'n Paar vooraanstaande teoloë het aangedui dat hulle nie in die Satan as persoon glo nie. Is dit dan 'n saak waaroor die Skrif so onduidelik is, dat sulke vryhede toegelaat moet word?

Ek haal graag die NG-teoloog Johan Heyns aan oor hierdie onderwerp:

Vriendskap-evangelisasie

Onlangs het ek gelees dat 75-90% van alle mense wat tot geloof kom (en ook werklik lewende lidmate van ’n kerk word), deur die weg van ‘vriendskap-evangelisasie’ tot bekering gekom het. Vriendskap-evangelisasie wys dan op die feit dat daar werklike kontak (verhouding) tussen mense was. Ons kan bv dink aan bure, vriende, kollegas ens. Alle ander vorme van evangelisasie deur gemeentelede (deur-tot-deur, Bybelverspreiding, Sondagskool ens) het aansienlik minder resultate gehad.

Bladsye

Skryf in vir RSS - blogs