Geskryf deur hhvanalten op Tue, 2012/05/08 - 16:20
Opvallende woorde wat ek onlangs raakgelees het:
Geskryf deur hhvanalten op Wed, 2012/03/14 - 12:44
Dit bly darem maar ‘n fasinerende laaste paar verse…
Ek praat van die laaste verse van die boek Sagaria (Sag. 14:20-21).
Geskryf deur hhvanalten op Thu, 2012/03/01 - 10:46
Wat is die inerrancy-beweging?
In reaksie teen die opkomende Skrifkritiek en geleidelike ondermyning van die Skrifgesag teen die einde van die 19de en die begin van die 20ste eeu, ontstaan die siening van die foutloosheid (inerrancy) van die Skrif (veral in VSA). Dit lei uiteindelik tot die Chicago statement of Biblical inerrancy (1978). Hierdie verklaring kom hierop neer dat die Bybel sonder enige foute is.
Maar ook die opstellers van hierdie verklaring kan nie ontken dat die Skrif bepaalde vrae laat nie. Ek noem enkele voorbeelde:
Geskryf deur hhvanalten op Fri, 2011/11/11 - 08:01
Dus, die regering van Moammar Gaddafi is iets van die verlede... Nadat hierdie diktator sy opponente tydens die aanvang van die rewolusie as rotte beskryf het, moes hy teen die einde self soos ‘n rot in ‘n afvoerpyp wegkruip. Daar is hy uiteindelik deur die rebelle gevind. Maar almal wat die nuus volg, besef waarskynlik dat daar êrens ‘n stukkie misterie in hierdie verhaal is. Wat het naamlik gebeur tussen die oomblik dat hierdie man in die afvoerpyp gevind is, en die oomblik dat die nuus van sy dood die wêreld ingegaan het? Hy was lewendig toe hy gevind is; beseer, maar lewendig.
Geskryf deur hhvanalten op Tue, 2011/09/20 - 15:06
As predikant ervaar ek dikwels die waarheid en die krag van hierdie uitspraak van die kerkvader Augustinus:
"En ek ... wat dit op my geneem het om met julle te praat, dink julle daaraan wie ek is, en wat ek op my geneem het. Want ek het dit op my geneem om Goddelike dinge te verkondig - en ek is 'n mens; geestelike dinge - en ek is vleeslik; ewige dinge - en ek is sterflik... Na my maat ontvang ek wat ek aan julle bedien. Wanneer geopen word, wei ek saam met julle; wanneer die deur gesluit is, klop ek saam met julle."