Geskryf deur RSS op Wed, 2012/04/11 - 15:14
Ons hou van ʼn sukses-storie. Die man of vrou wat dit “gemaak” het in die lewe. Van niemand tot iemand in 7 dae.
Die Christelike “storie” (lewensverhaal) lyk anders. Dit word gekenmerk deur stryd en volharding. Daar is geen vinnige-vyf-stappe-plan of “kits-mengsel” vir hierdie weg nie.
Geskryf deur RSS op Tue, 2012/02/07 - 16:44
’n Mens kan nie genoeg verwonderd staan oor die nuwe mensheid wat in Christus sigbaar word, nie. Mense wat mekaar voorheen nie geken het nie, omhels mekaar nou (Rom 16:16). Hulle wat voorheen mekaar nie kon verdra nie, dra nou mekaar se laste. Hulle wat mekaar gehaat het, bid nou vir mekaar. En hulle wat bang was vir die onbekende, vind rus in die wete dat Christus Self vir Hom ’n volk vergader. ’n Nuwe mensheid wat saam alles van Christus as die Weg, die Waarheid en die Lewe verwag.
Geskryf deur RSS op Wed, 2011/12/21 - 12:07
Hy het arm geword, sodat ons ryk kan word.
Hy is gebore uit ’n maagd, sodat ons uit God gebore kan word.
Hy het ons liggaam aangeneem, sodat Hy Sy Gees aan ons kan gee.
Hy het in die krip gelê, sodat ons in die paradys mag lê.
Hy het van die hemel neergekom, sodat Hy ons na die hemel kan neem.
Dat die Oue van dae gebore moes word,
Dat Hy wat van die hemel donder, in die krip moes huil,
Geskryf deur RSS op Thu, 2011/12/01 - 21:29
Soos u miskien weet, is die Bybelgenootskap besig met ’n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling. Hulle doel is om ’n bronteks-georiënteerde vertaling uit te bring wat spesifiek gerig is op kerklike en persoonlike gebruik.
As dit oor Bybelvertaling gaan moet ek altyd dink aan wat die Here Jesus in Matteus 5:18 sê: Elke jota en tittel (die kleinste dele van destyds se skrif) van die wet sal vervul word. Dit hou dan tog ook sekerlik in dat ons baie noukeurig te werk moet gaan as ons hierdie Skrif vertaal?
Geskryf deur RSS op Thu, 2011/10/13 - 21:42
Die sinode van die NG-kerk het gister uitgespreek dat hulle dit in mense se vryheid laat of hulle in die Satan as persoon glo of nie. 'n Paar vooraanstaande teoloë het aangedui dat hulle nie in die Satan as persoon glo nie. Is dit dan 'n saak waaroor die Skrif so onduidelik is, dat sulke vryhede toegelaat moet word?
Ek haal graag die NG-teoloog Johan Heyns aan oor hierdie onderwerp:
Geskryf deur RSS op Sat, 2011/09/24 - 12:28
Onlangs het ek gelees dat 75-90% van alle mense wat tot geloof kom (en ook werklik lewende lidmate van ’n kerk word), deur die weg van ‘vriendskap-evangelisasie’ tot bekering gekom het. Vriendskap-evangelisasie wys dan op die feit dat daar werklike kontak (verhouding) tussen mense was. Ons kan bv dink aan bure, vriende, kollegas ens. Alle ander vorme van evangelisasie deur gemeentelede (deur-tot-deur, Bybelverspreiding, Sondagskool ens) het aansienlik minder resultate gehad.
Geskryf deur RSS op Fri, 2011/07/29 - 10:31
Die plek wat ons as Christene in die samelewing moet hê, is iets wat ons gedagtes behoort besig te hou. Reeds in die vroeë kerk het Christene uitgestaan vir hulle diens, en so hulle Heer nagevolg en hul Koning verheerlik.
Geskryf deur RSS op Thu, 2011/07/28 - 21:47
God as voorbeeld (Efesiërs 5:1). Dit is aan die orde wanneer gepraat word van die navolging waartoe ons geroep word as christene. Die konkrete uitwerking van die opdrag om die Here ons God lief te hê met ons hele hart, siel, verstand en krag en ons naaste soos onsself. Ons bewys van liefde het ‘n duidelike voorbeeld in God en Christus. Navolging maak ons bewys van liefde konkreet. Dit voorkom dat liefde ‘n abstrakte filosofie word. Navolging van Christus laat sien hoe radikaal ons liefde en gehoorsaamheid moet wees.
Geskryf deur RSS op Thu, 2011/07/28 - 21:38
'n Mens kan natuurlik baie sê oor die gebruik van Bybeldagboeke. Dit is verseker 'n hulpmiddel wat ons baie kan help in ons lewe met die Here. Waarskynlik gebruik mense hierdie Bybeldagboeke omdat hulle aan die een kant wil verstaan wat 'n Bybelgedeelte beteken, en aan die ander kant juis wil weet wat dit alles vir hulle lewe vandag beteken.
Geskryf deur RSS op Thu, 2011/07/28 - 21:35
Opvoeding is moeilik. Dit voel dikwels asof ’n mens kan praat en praat, maar dit maak nie ’n verskil nie. Dit is net asof die woorde geen effek het nie. Asof ons kinders dit nie verstaan nie. Hulle bly eintlik maar net hulle eie kop volg.
Bladsye